Onderwaterklub vir Thaba

THABAZIMBI – Flippers to Fins SCUBA Academy het na vele navrae omtrent Skuba-duik in die Thaba en Amandelbult-areas besluit om die Thabazimbi Onderwater Klub te stig om die duikers van Thaba ‘n meer permanente huis te gee.

Flippers to Fins het ook reeds ‘n hele aantal kursusse in Thabazimbi aangebied, en voorsien ‘n goeie ledetal vir Thaba.
Die klub sal eenmaal elke twee maande ‘n sosiale byeenkoms by die Amandelbult 4×4 klubhuis hou sodat almal bymekaar kan kom, mekaar ontmoet, kuier en duik praat. Die klub sal ook dieselfde naweek wat die “socials” is, ‘n Skuba-duik kursus aanbied vir diegene wat die sport wil aanleer. Die klub organiseer ook gereelde naweek, tot week vakansies na die kus, Mosambiek en Rooi See vir diegene wat graag hulle duikvernuf in die wonderlike blou waters om die kuslyn wil uittoets en die wonder van die onderwater wêreld wil beleef. Die eerste kursus as die Thabazimbi Onderwater Klub skop af op Woensdag 24 Februarie en 25 Februarie wat teorie-sessies om 18:00 beide aande behels. Op Vrydagoggend 26 Februarie om 11:00 sal die swembadsessies plaasvind en Saterdag en Sondag (die 27 en 28 Februarie, vind die kwalifiserende duike Miracle Waters net buitekant Brits plaas.

Die Sosiale byeenkoms volg op Vrydagaand 26 Februarie te Amandelbult 4×4 Klub met ‘n kort voorlegging van wat beplan word met betrekking tot die vakansies en naweke wat reeds vir die volgende paar maande gereël is.

Bring gerus jou vriende saam vir die sosiale byeenkoms waartydens ‘n bring en braai gehou word, bykosse sal voorsien word, RSVP teen 24 Februarie per e-pos na mornep1@tiscali.co.za. Vir enige navrae kontak Morne Pheiffer op 082 461 0137 of per e-pos op mornep1@tiscali.co.za. Die klub belowe om vele feeste aan te bied en hoop om die bosveld se mense te betrek by see-aktiwiteite.