General

Bosveld Akademie Borge dag

THABAZIMBI – ‘n Dag vol pret en plesier word beplan om Bosveld Akademie se borge te bedank vir hulle onbaatsugtige toewyding aan ‘n saak wat almal na aan die hart lê asook om die skool se 15de bestaansjaar op 26 Februarie 2010 te vier.

Ter viering van hierdie besonderse dag, sal die welbekende Hans Dromedaaris die borge en gaste vermaak. Na Hans se vertoning gaan almal aansit vir ‘n lekker ete en dan verder bymekaar kuier. Kontak Bosveld Akademie vir verdere navrae by 014 772 2111.