Business

ENB: Eiendomsvraag verbeter

Johannesburg. – Eerste Nasionale Bank (ENB) se eiendomsbarometer, wat Donderdag 28 Januarie 2010 bekend gemaak is, het bevind dat die vraag na residensiële eiendom ietwat verbeter het.

“Vraag het verder gestyg, hoewel dit slegs marginaal was op ’n kwartaalgrondslag, maar op ’n jaargrondslag het dit steeds drasties gegroei, en die gemiddelde tydperk in die mark het drasties verlaag,” het mnr. John Loos, eiendomsontleder by ENB, gesê.

“Finansiële stres-verwante verkope het ook afgeneem, hoewel dit nog veilig is om te sê dat dit steeds ongelooflik hoog is.”

Ongeag die volgehoue groei, het die jaar-tot-jaar groeikoers in die vraag gedaal teenoor die vorige kwartaal se groei, “wat ’n vroeë teken kan wees dat die groeikoers van vraag later in 2010 sal afplat soos wat die rentekoersverlagingstimulus verminder”.

Loos het gesê die opname het aangedui dat baie minder eiendomsagente glo dat inkomstevlakke vêr agter huisprysvlakke was soos wat die geval in die verlede was.

“Hulle glo dat die tradisionele bekostigbaarheidsbepaling verbeter het. Ons glo nie dat die bekostigbaarheidskwessie se belangrikheid verminder het nie, net dat dit in aard verander het.” – Sapa