Pienk boog vir Anita
THABAZIMBI – Pro-Bow boogklub het op Saterdag 12 Desember gesorg vir ‘n vroeë Kersfees toe hul vir Anita Peens haar eie boog oorhandig het.
Anita was een van die twee slagoffertjies wat verlede jaar ‘n ledemaat verloor het in ‘n gru busongeluk. Sedertdien het sy bewys dat die gees groter as die vlees is en het boogskiet as een van haar nuutste stokperdjies aangedurf. Anita het reeds van ‘n jong ouderdom booggeskiet en kon weer vinnig dié gewilde sportsoort bemeester.
Anita en haar ouers bedank graag vir Pro Bow Archery asook Pro Bow boogklub vir die bydraes wat gelewer is om haar boog te kon aanskaf.