Opruimpoging baie suksesvol
Hennie Pauw
THABAZIMBI – Sowat 270 kinders en volwassenes het op 9 Desember aan die Zipit-in-‘n-Zimbi Blik-gemeenskapsprojek in Thabazimbi deelgeneem.
Onder dié wat opgedaag het was ‘n groep onderwyseresse van die Laerskool Thabazimbi en amper 20 leerkragte van Hoërskool Frikkie Meyer.
Deelnemers is in groepe van sowat 10 elk ingedeel en swart sakke en ‘n roete aan elk toegesê. ‘n Gemiddeld van 20 swart sakke vol vullis is deur elke groep opgetel.
Kleuterskole het ook deelgeneem en Thaba Park help versier deur plantjies te plant wat deur die Munisipaliteit voorsien is.
Na afloop van die rommeloptellery is daar waatlemoen en worsbroodjies genuttig en watersport in die reën gespeel.