Koedoeskopinwoner sterf aan keelkanker
KOEDOESKOP – Op Oukersaand, 24 Desember 2009, het Ehan Smit (35jr) sy jaarlange stryd teen kanker verloor.
Ehan was werksaam by Koedoeskop Motorhawe. Hy is in Februarie 2009 met keelkanker gediagnoseer waarna dit agressief deur sy hele liggaam versprei het.
Hy laat sy eggenote, Elizna, hul vyfjarige tweeling Hanro en Elhanize, familie, skoonfamilie en vriende na.