Hitte raak spelers
THABAZIMBI – Verlede Saterdag se spel was IPS. Die hitte het seker deesdae ‘n invloed op die bywoning nieteenstaande die goeie toestand van die baan. Heinrich Penzhorn en Rudie Conrad eindig albei op 36 Punte. Piet Venter met 35 was kort op hulle hakke.
Pietie Terblanche en Hans Human, ook twee van die ou ysters wat lank afwesig was na groot operasies is ook terug op die baan. Op die oomblik is dit net Riaan Vorster wat nog aansterk na sy operasie.
Die Sages het verlede Donderdag op Naboomspruit gespeel. Dit is nou wel ver om te ry maar dit bly maar lekker om saam met die geesgenote te speel. Christo Rall was die dag se wenner met 40 punte.
Dit was lekker om vir twee naweke te kyk hoe ‘n nuwe ster op die die gholf horison begin skitter toe Charl Schwartzel sulke puik spel gelewer het. Ons hoop dat hy nou die vaandel verder hoog gaan hou.
Eerskomende Saterdag se spel is ‘n pare trekking. Afslaantyd sal weer 12 uur wees. Die gereelde Woensdag Pick n Pay Sonsakker met die Jolee trekking is nog steeds gewild.
Die ledetrekking wat met elke Slagspel plaasvind is na R500 verhoog. Die persoon wie se naam getrek word moet egter teenwoordig wees om te wen.