General

HFM uitblinkers by Provinsiale Toekenningsfunksie

THABAZIMBI – Met die gebruiklike Provinsiale Toekenningsfunksie te Polokwane op 15 Januarie 2010 is die volgende toekennings gemaak: Sanlie van den Brink behaal die 4de plek in die Limpopo Provinsie met ’n gemiddeld van 94.4%. Sanlie behaal ook die toekenning as die beste leerder in die Provinsie vir Afrikaans Huistaal  [96%] asook vir Inligtingstegnologie [98%]. Arno Snydert is die beste leerder in die Provinsie vir Ekonomie [98%]. Hoërskool Frikkie Meyer het 5 kandidate onder die top 30 leerlinge in die Provinsie opgelewer naamlik Sanlie van den Brink, Arno Snydert, Robynn Hearne, Annaré Erasmus en Chantal White.

Hoërskool Frikkie Meyer ontvang ook drie toekennings by hierdie geleentheid, naamlik: Die beste skool in die Waterberg Distrik, Een van die top 40 skole in die Limpopo Provinsie en Klub 50 toekenning vir Wiskunde en Wetenskap [ Meer as 50 leerders het Wiskunde en Wetenskap gesamentlik geslaag].