Derde kompetisie vir Northam Hengelklub in 2010
NORTHAM – Die naweek van 9 en 10 Januarie is reeds die derde hengelkompetisie vir die jaar aangebied.
Die kompetisie het by die Northam Konsentrator plaasgevind en die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die meeste punte verower het. Die punte is as volg vasgestel: 10 punte vir elke vis gevang en 10 punte vir elke kilogram. Die kompetisie het op Saterdag om 14:00 begin en Sondag om 12:00 ten einde geloop. Die senior wenners was Theunis Botha, Rudi Smith, en Rudoph Dreyer. Die wenners in die dames afdeling was Marietta Botha, Martie Murray en Desire Strydom. In die juniors afdeling wen Gerrie Erasmus, gevolg deur Mauritz Claasen en Gary Retief. Die wenners in die penkoppe afdeling was Dirkie de Kok, Dawie de Kok en Buffel Olivier. ‘n Totaal van 82 hengelaars het altesaam 853 vis gevang met ‘n somtotaal-gewig van 482kg.