Namens die Kirsten en Steenkamp familie wil ons net ons dank uitspreek teenoor die puik diens wat Curamed (Thabazimbi) aan ons vader gelewer het tydens sy siekte op 24/12/09.
Dankie dr Buys, suster Elise Snyman, verpleegsters Renilwe en Magdaline asook die kombuis personeel. Jul almal lewer ‘n puik onbaatsugtige diens.
Dit is deesdae ‘n vrees as jy weet jou geliefdes moet in ‘n hospitaal opgeneem word maar by julle was ons bewus van jul professionaliteit en liefde vir die beroep. Die “paramedics” was van die staatshospitaal maar hul het met ‘n noodvoertuig en ambulans ons vanaf Thabazimbi tegemoet gery waar ons vanaf Swartkops oppad was met my vader. Langs die pad het hul hom gestabiliseer en hom na Curamed vervoer. Die personeel het ons in ons taal aangespreek. Vir julle almal het ons die grootste respek. God sal jul seën vir jul onbaatsugtige diens wat jul lewer. Weereens baie dankie aan jul almal.
Sterkte en voorspoed vir julle in die nuwe jaar.
Dankie.
Hester Kirsten.
