General

Matriekleerling verwerf 7 onderskeidings

Arno Snydert, HFM Matrikulant van 2009, het sewe onderskeidings in die matriek eind-eksamen verwerf. Hy was prefek in Ellisras Laerskool en ‘n trotse leerling aan die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi. Arno is as B Com (Rek) student by Tukkies ingeskryf wat ook terselfdertyd sy voorbereiding as professionele tennisspeler gaan voortsit. Sy ouers en familie wens hom alle voorspoed met sy toekoms-ideale toe.