Entertainment

KunsteGrot 2010 begin bedrywig

THABAZIMBI – Die KunsteGrot skop die jaar op ‘n bedrywige noot af met Bobby van Jaarsveld en orkes op 10 Februarie.

Jak de Priester is reeds een van die baie gereelde kunstenaars wat hier optree en hy maak weer so op 19 Maart. Vanjaar is die Grafsteensangers ook op die lys van besoekende kunstenaars en hulle optrede is bespreek vir 29 Mei.

Die Kunsmarkte vir die eerste helfte van die jaar is op 6 Februarie, 6 Maart, 3 April en 5 Junie. As gevolg van die vakansie en Thabazimbi Wild-en Toerisme Expo, word daar nie Kunstenaars vir April gereël nie. 

Vir al die Kunstenaaroptredes beloop die kaartjies R120 per pesoon en moet vooraf bespreek word. Indien u telefonies bespreek, moet kaartjies binne 48 uur ( twee dae) betaal word.

Internet besprekings en/of bankinbetalings kan ook gedoen word. Die bankbesonderhede is as volg: Standardbank,  Spaarrekening: Die KunsteGrot  347247032. Faks verwysing: naam en datum van optrede na 086 6240052 of na rivol@telkomsa.net  
Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita Volschenk by 083 7448559  of  by rivol@telkomsa.net

Vanaf die KunsteGrotbestuur word ‘n mooi jaar vir al die gastehuis-borge, ondersteuners, teatergangers en spesiaal ook aan Die Kwêvoël, Thaba Stereo en Thaba Spar toegewens.  Mag ons saam die kultuur in die Bosveld ‘n hupstoot gee.

‘n Woord van spesiale dank aan Van Heerden Apteek wat die huurgeld vir Januarie geborg het.  Indien daar ander besighede/instansies/persone is wat bietjie kan help, kontak asseblief.  Die KunsteGrot se voortbestaan hang van ons gemeenskap se goedgesindheid en samewerking af. Hulle bring die teater na u toe – ondersteun, asseblief.