Sport

Kersgeskenk vir ruiters

THABAZIMBI – Slegs 20 ruiters van elke afdeling, oftewel hoogte, in Gauteng het deelgeneem aan die SANEF (South African National Equestrian Federation) skou te Kyalami op 28 en 29 November 2009.

Die ruiters wat genooi was van Thabazimbi, Monica Willats met Wes Maki Saki (adult 90cm), Lindie de Beer met Visa (junior 90cm) en Wairwolf (junior 1.1cm) en Liandi Pienaar met Solar Princess (pony rider 80cm) was hoogs in hul noppies met die uitnodiging na hierdie mededingende kompetisie. Lindie de Beer met Visa en Liandi Pienaar met Solar Princess het elk ‘n derdeplek verwerf.

Die ruiters is tans nie op vakansie nie, maar oppad na verskeie skoue. Lindie de Beer met Visa en Wairwolf gaan in die Kaap deelneem aan die SA Champs vir Juniors, Monica Willats met Wes Maki Saki en Gillian Trollope met Corn Time gaan in Johannesburg by Dunblane deelneem. Die uitslae sal in Januarie se uitgawe van Die Kwêvoël gepubliseer word.