Hoërskool Frikkie Meyer se Matrieks 2009 presteer besonders
THABAZIMBI – Soos die afgelope jare het Hoërskool Frikkie Meyer weer besondere goeie uitslae in die Matriek-eindeksamen gelewer waarop almal in die gemeenskap trots kan wees.
Alle uitslae is ongelukkig nog nie vanaf die Departement van Onderwys ontvang nie. Die gebruiklike Provinsiale Toekenningsfunksie vind plaas op Vrydag, 15 Januarie 2010 en Hoërskool Frikkie Meyer is besonder trots dat die volgende leerlinge spesiaal na hierdie funksie genooi is: Sanlie van den Brink, Arno Snydert, Chantal White, Annaré Erasmus, en Robynn Hearne. Meer spesifieke inligting hieroor sal na afloop van die funksie bekend gemaak word. Besondere prestasies is deur die volgende Frikkies gelewer: Sanlie van den Brink behaal 8 onderskeidings in die volgende vakke; Afrikaans, Engels, Wiskunde, Wiskunde vraestel 3, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap, Lewensoriëntering en Inligtingstegnologie. Sanlie se gemiddeld was 94,4%. Die volgende matrieks lewer ook uitstekende resultate: Arno Snydert – 7 Onderskeidings, Chantal White – 7 Onderskeidings, Annaré Erasmus – 7 Onderskeidings, Robynn Hearne – 6 Onderskeidings, Surina le Roux – 6 Onderskeidings, Izita Vorster – 5 Onderskeidings, Billy Tait – 5 Onderskeidings, Jocelyn Badenhorst – 5 Onderskeidings, Anika van der Merwe – 5 Onderskeidings, Danielle Greyling – 5 Onderskeidings, Cherene Haggis – 5 Onderskeidings, Zanelle Nortje – 4 Onderskeidings, Lizelda van Dalen – 4 Onderskeidings en Marie-Bernette Engelbrecht – 4 Onderskeidings. ’n Totaal van 157 onderskeidings is verspreid oor alle vakke behaal, ’n rekord wat vir baie jare nog sal staan. Meer as 50 % van die kandidate het universiteitstoelating behaal. HFM en die gemeenskap van Thabazimbi wens hierdie matrikulante, hul ouers en onderwysers geluk met hierdie pragtige prestasies.