Kerstafeldekor met ‘n feestelike fokuspunt
Kersfeestafeldekor met ‘n kersfokuspunt is maklik om te skep deur die basiese materiale te implimenteer wat alreeds gebruik word om die woning vir die feestyd te versier.
Om ‘n bietjie meer glans en lig by te voeg kan kersliggies op wit of groen draad in verskillende voorwerpe geplaas word. Kersfees blommekranse is sinoniem met voordeur versiering en bokant die kaggel, gebruik ‘n klein tot medium grootte kersfees blommekrans as ‘n fokuspunt op die kerstafel. Gebruik daarmee tesame ‘n ronde-, glas- of silwer opdieningsbord as basis vir die fokuspunt en ‘n string kersliggies in die middel of om die blommekrans gewoel. Voeg kunsblomme, klein ornamente en rooi linte om die finale afronding te bewerkstellig.
Vir ‘n landelike Kersfeestafel fokuspunt, gebruik ‘n hout broodblik, ‘n gereedskapkissie of ‘n stuk hout vir die middel van die tafel. Plaas groenigheid, kunsmatige voëltjies, stukkies hout, dennebolle en kersliggies aan die binnekant. Maak ‘n paar gate in die stuk hout en plaas kersies in elke gaatjie, draai dan die kersliggies om die hout. Voeg kleur by met rooi linte en groenigheid.
Silwer opdieningsborde met kerse van verskeie hoogtes, groenigheid, elegante kersfees ornamente en kersliggies sal die tafel goed verlig.
Gebruik ‘n groot mandjie of bak, vul die onderkant met skuim of enige ander sagte materiaal. Plaas groenigheid oor die bokant saam met ornament en woel ‘n string kersliggies tussendeur.
Mandjies van verskeie groottes is perfek om as fokuspunt op ‘n kerstafel te gebruik. Enige groenigheid word in die mandjie geplaas en dien as beginpunt vir die pragtige skepping. Stringe krale kan tussendeur die groenigheid gedraai word terwyl een of meer kerse in die middel van die mandjie saam met kersliggies gebruik word om die tafel te verlig.