Kersmandjies vir ieder en elk

Om ‘n kersmandjie te vul met spesiale items vir ‘n besonderse persoon in jou lewe wys dat jy omgee, en kan die kosbaarheid van dié liefdefees met hierdie gebaar vasvang.

Gebruik enige van die volgende om die mandjie te vul: Lekkergoed stokkies, Santa sjokolade wat toegedraai is, bondeltjies kaneelstokkies en groenigheid, kersornamente, klein strikkies, gedroogde lemoene, neute in hulle doppe en klein geparfumeerde kerse.

Ouma en oupa Mandjie: Kinders se tekenkuns, geskenke wat deur die kinders gemaak is, fotoraam met die kinders en kleinkinders, video van die hele familie, lang afstand foonkaart, koffie, beskuit en koekies en kersgeskenkies.

Liefdes mandjie: Geskenkies, fotoraam met julle saam, klein botteljie sjampanje en piekniek kombers.

Nuwejaars mandjie: Sjampanje, glase, partytjiehoedjies, geraasmakers, sparkles en konfetti.

Bakkers mandjie: Gebruik ‘n diep pan as mandjie, pothouer, bak resepte, vadoekies en verskeideheid sprinkels.

Kersmandjie: Tuisgebakte koekies, verskeidinheid sjokolades, tuisgemaakte versierings, kersmusiek, soetgoed kieries en sjokolade in kersvadervormpies

Kinder “craft” mandjie: Potlode, viltpenne, tuiswerk boekie, klei, notas en dagboek.

Bron: www.agieinfo.co.za