Statusfin Makelaars reik uit na leiers van gister

THABAZIMBI – Statusfin Makelaars, ‘n filiaal van die MGK Groep, het aan die seniorburgers van Thabazimbi ‘n geskenk uitgedeel om hul te bedank vir hul bydrae wat hul as die leiers van gister gelewer het.

Die seniorburgers word so maklik vergeet vir die voorbeeld wat hulle vir vandag se volwassenes en tieners voorstel, dat Statusfin Makelaars besluit het om met hierdie klein gebaar erkenning te gee en elkeen te bederf met ‘n Kersgeskenk.

Statusfin Makelaars verskaf korttermyn- en oesversekering, asook persoonlike-, boerdery- en besigheidspolisse en het makelaars in Mpumalanga, Noordwes, Gauteng en die Limpopo provinsies.

Vir meer besonderhede, besoek gerus die webtuiste by www.statusfin.co.za.