Meerkatgat se leerders presteer
THABAZIMBI – Die Meerkatgat naskool leerlinge het met hul jaar afsluitings partytjie elk ‘n geskenkie en ‘n sertifikaat van verdienste ontvang.
Volgens Antoinette Hermann, eienaar van Meerkatgat, het hulle gedurende 2009 uitstekend in akademies, op die sportveld, kultuur sowel as in hul buitemuurse aktiwiteite presteer in hul onderskeie skole. Al die Meerkatjies het goeie vordering getoon, en kan met trots terugkyk na wat hul in 2009 vermag het. Volgens Antoinette is dié Meerkatjies toegewyd met goeie deursettingsvermoë, gehoorsaam, het goeie dissipline gehandhaaf en hulle volle samewerking gegee gedurende die jaar.
Die Meerkatgat Naskool tuiste se wens aan al die Meerkatjies en hul ouers, asook die gemeenskap van Thabazimbi, is ‘n geseënde Christusfees en ‘n wonderlike vervulde 2010 aan elkeen.