Legae la Bona Kleuterskool Kersboomfunksie

MAKOPPA – ‘n Kersboom- en afsluitingsfunksie is gehou vir die kinders van die Legae La Bona Kleuterskool in Makoppa.
Kitty Roux, aan wie die ontstaan van hierdie welsynsorganisasie te danke is, het gesorg vir die koop van geskenke en eetgoed vir die afsluitingsfunksie.

Legae La Bona is baie dankbaar vir al die ondersteuning wat die afgelope jaar ontvang is van borge en boere vir al sy bedrywighede. Hulle wens almal ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toe.

Hennie Pauw