Bekende nutsman oorlede

THABAZIMBI – Abraham Christofel Barnard beter bekend as Chris (42jr) is op 7 Desember 2009 aan ‘n hartaanval oorlede.

Dié Thabazimbiër was bekend as nutsman wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Sy skielike afsterwe is ‘n groot skok vir familie en vriende, wie sy teenwoordigheid alreeds intens mis. Hy laat sy eggenote, Natasha, vyf kinders, Jessica, Tiaan, Angelo, Nikita en Lientjie en een kleinkind, Enrique na. Ter perse gaan was daar nog geen begrafnisreëlings.