Thabazimbi Boogklub sluit 2009 af op hoë noot

THABAZIMBI – ‘n Gesellige stemming het Saterdag 21 November 2009 van vroegdag by die Thabazimbi Boogklub geheers en oral was dit duidelik dat almal die geleentheid geniet.

Die verrigtinge is geopen deur ds Hennie van der Linde waarna hy ook die klub se donasie aan Huis Immergroen in ontvangs geneem het.

Thabazimbi Boogklub se Voorsitter vir 2009, Tjaart Scheepers, het dadelik met die prysuitdeling begin, waarin die lede in onderskeie kategorieë vir prestasies beloon is.

Hier is ook van die geleentheid gebruik gemaak om die Klub se nuwe bestuur vir 2010 aan te wys. Hannes Scheepers neem die leisels as Voorsitter by sy broer, Tjaart, oor en beloof groot verwikkelinge vir die klub vir 2010.

Tjaart bedank graag hul borge en die publiek vir die ondersteuning gedurende 2009 en wens die gemeenskap ‘n geseënde Kersgety namens die klublede toe. Indien u meer inligting verlang skakel Hannes by 083 490 9743 of besoek hul op Facebook by Thabazimbi Boogklub.