Thaba verloor’n grote

THABAZIMBI – Een van Thabazimbi se bekendste inwoners en sakemanne, Kobus Jacobs (53), is op Woensdag 2 Desember oorlede.

Kobus is gebore op 16 Januarie 1956 te Rustenburg. Hy voltooi sy laerskool loopbaan by Laerskool Van Wykskraal en matrikuleer aan die Ho‰rskool Frikkie Meyer waar hy dan ook onder-hoofseun was. Hierna voltooi hy sy Landbou Diploma te Potchefstroom, asook sy weermag diensplig.

Kobus begin sy loopbaan as boer in die Thabazimbi distrik en later op die familieplaas, Wes Indi‰, in die Dwaalboom-Makoppa omgewing waar hy uitsluitlik met wild geboer het. Intussen het hy ook sy besigheid, Thaba Sand en Klip, vanuit Thabazimbi tot en met sy afsterwe bedryf.

Hy laat sy Ma Rita, sy kinders se ma, Hanlie, sy seun Evan, dogters Nicky, Nicia en Nandi, skoonseun Riaan, kleindogters Morgan en Ryann asook swaer Frik, familie en vriende agter.

Dit is met groot verlange dat hy in almal se harte gemis gaan word as, seun, pa, skoonpa, oupa en swaer, ook as vriend.
Ter perse gaan was daar nog geen begrafnisre‰lings getref nie.