Thaba Rugby Klub benodig vrywilligers

THABAZIMBI – Daar is agt poste in Thaba Rugbyklub vir die 2010/2011 rugbyseisoen vakant.

Hierdie poste sluit in President, Voorsitter, Vise-voorsitter, Tesourier, Sekretaris, Hoofafrigter, Addisionele lede en Terrein beampte. Alle poste is vrywillig en geen vergoeding is van toepassing. Aansoekvorms kan verkry word deur Riaan Pretorius te kontak by e-pos riaan@thabatyres.co.za of admin@explipro.co.za of skakel Riaan by 083 668 5030.