General

Vaarwel meneer Loots

THABAZIMBI – Theuns Loots, leerkrag by Hoërskool Frikkie Meyer, het op Woensdag 18 November 2009 gesterf.
Theuns is gebore te Koedoeskop op 16 Januarie 1959. Hy voltooi sy Laerskool loopbaan by Laerskool Koedoeskop en matrikuleer by Rustenburg Tegniese Skool waarna hy by die Universiteit van Pretoria as onderwyser in Ingenieurs Grafika kwalifiseer. Na die voltooiing van sy Weermag indiensopleiding, begin sy loopbaan as onderwyser by Hoërskool Marais Viljoen in Alberton. Sy loopbaan sluit af as onderwyser by Hoërskool Frikkie Meyer met sy afsterwe op 18 November 2009.

Hy laat sy pa, Barend, sy seun Francois, dogter Almie, skoonseun Kallie, kleinseun Kallie en Broers Frik, Jan, Ben en Serfaas agter asook Hanlie en Evan en menige vriende, kollegas en studente.

“Dis met groot verlange in ons harte dat ons jou gaan mis as, seun, pa, skoonpa, oupa en broer, maar ook as vriend, onderwyser, mentor, filosoof, leermeester en soveel meer…” Skryf die familie.

Sy roudiens vind plaas vanuit die Hervormde Kerk Thabazimbi, op Dinsdag 24 November om 11:00, die diens sal gelei word deur Ds Kalfie Loots.