Sorizty Spa vier 1 jaar
THABAZIMBI – Sorizty Day Spa and Wellness Clinic het hierdie maand hul eerste bestaansjaar met ‘n “pop a balloon” aanbieding gevier.
Die volgende dames het elk ‘n prysie of afslag op hul sessie gewen: Rita du Plessis (100% afslag) en Adele Uys (50%). Die 20% afslagwenners was Issebelle Kearney, Zettie Pelser, Vicky Bester, Karlien Knoetze, Desiree, Susan Posthumus en Deidre van der Berg. Die 10% afslagwenners was Cecile Putter, Charmaine Keay, Lizette van Aarde, Melinda Scheepers en Sannie van Rensburg. Die 5% afslagwenners was Martie Swart, Belinda Lodewick, Lindi Ferreira, Berdean Voster en Berni Coetzee. Daar is ook verskeie pryse gewen, onder andere 10 sonbedsessies deur Michelle Barnard en Ané Sauermann, grimering make-overs deur Madia du Plessis, Maria Ortillia, Amanda Nell en Roxanne van der Schyff, 30 minute rug, nek en skouermasserings is deur Hantie Botha, Mina Potgieter en Hillana Visser gewen terwyl die 60 minute refleksiologie sessies deur Chrissy Hodge, Lucy Lucio, Silvia de Sousa, Cornel Jansen en Celeste Pelser gewen is. Sorizty Spa bedank almal vir hul getroue ondersteuning tydens 2009. Dit was ‘n voorreg om almal deur hul deure te sien stap. ‘n Baie geseënde Kersseisoen word almal toegewens, mag 2010 vir almal net geluk, liefde en baie voorspoed inhou.