Nuwe ingang vir HFM

THABAZIMBI – HFM het ‘n  splinternuwe ingang by die sportterrein in 13de Laan, wat deel is van die skool se estetiese opgradering.

Die toegang tot die sportterrein is nou meer gebruikersvriendelik vir die publiek asook vir die leerders wat elke oggend vir skool daar afgelaai word en weer namiddag opgelaai word. HFM bedank graag die gemeenskap vir elkeen se insette en borgskappe wat die nuwe ingang moontlik gemaak het.