General

Huldeblyk vir Elsabé

THABAZIMBI – Die 54 jarige Elsabé van Wyk, eggenote van Martin, het op Sondag 15 November stil heengegaan in haar tuiste net buitekant Thabazimbi.

Elsabé, ‘n inwoner van Thabazimbi vir die afgelope twee dekades, was ‘n kranige tennisspeler en ‘n vegter van gees.
Sy is sowat agt jaar gelede met kanker gediagnoseer.

Elsabé laat haar man, twee dogters, Anneline en Yolanda, skoonseuns Ettiëne en Gert en vier kleinkinders na. Haar Huldeblyk word op Maandag 23 November vanuit die AGS Kerk Thabazimbi om 11:00 gehou.