Geliefde Botha-broer oorlede

RUSTENBURG – Nimo Botha (61jr), ‘n oud-leerling van Hoërskool Frikkie Meyer, asook ‘n oud inwoner van Thabazimbi is op Maandag 9 November 2009 in ‘n skietongeluk oorlede.

Nimo het sy vakleerlingskap as passer en draaier by Yskor gedoen en het na die weermag vir baie jare by Rustenburg Munisipaliteit gewerk.

Nimo is gister, 19 November vanuit die Bergsig NG Gemeente te Rustenburg begrawe. Hy laat sy broers, Pieter en Ewald Botha, sy vrou, Ronel en hul twee jong kinders na.