Eiendomsagente maak skoonskip by prysuitdeling

THABAZIMBI – Die jaarlikse prysuitdeling en jaareindfunksie vir die Jana Reinecke Eiendomme-groep het op Saterdag 14 November te Pretoria plaasgevind.

Thabazimbi se klein kantoor met sy uitstekende agente, het baie goed presteer en byna skoonskip gemaak met die prysuitdeling.

Drie van Thabazimbi se agente was onder die top 5. Machiel Reinecke, die bestuurder, is aangewys as agent van die jaar, Joan was in die vierde plek en Marthie in die vyfe plek. Die tydperk was vanaf Maart 2008 tot Februarie 2009. Machiel het ook die trofee, Geldmaker van die Jaar, ontvang terwyl Marthie die trofee ontvang het vir die meeste Mandate vir die jaar.

Al drie die Halfjaar wenners vir Maart tot Augustus 2009 was van die Thabazimbi kantoor, met Machiel in die eersteplek, Marthie in die tweedeplek en Joan in die derdeplek om sodoende die twee groot kantore in Pretoria te klop.