Business

East.89, ontwerpers en drukkuns in Thabazimbi

THABAZIMBI – ‘n Bekwame vennootskap tussen Hanlé Richter en Bertie Oosthuizen vorm die grondslag van hierdie nuwe besigheid wat beloof om ‘n groot aanwins vir Thabazimbi te wees.

Bertie is ‘n gekwalifiseerde grafiese kunstenaar en het ook onlangs ‘n landwye kompetisie gewen waar ‘n unieke Korporatiewe Identiteit ontwikkel moes word en waarvan een van Suid-Afrika se top ontwerp-agentskappe, “Icads”, die beoordeling gedoen het.

East.89 lê klem op kwaliteit en daarvoor is net die beste toerusting aangeskaf. Geen taak sal te klein of te groot wees nie en met die nuutste tegnologie drukkers kan baniere, plakkate en biljette in verskeie groottes en op verskillende materiale gedruk word. ‘n Warm pers sorg vir drukwerk op klerasie en ander materiale en die veelsydige Mimaki drukker maak drukwerk vir staalborde ideaal. Strooibiljette, besigheidskaartjies, kalenders en jaarblaaie is enkele van die items wat ook gedruk en gebind kan word. East.89 beskik oor al die nodige kennis en toerusting om u projek met die beste kwaliteit en diens te voltooi. East.89 – Exceeding Expectations. Skakel Bertie by 079 560 8357 of Hanlé by 083 384 7347, vir meer inligting, of besoek East.89 by Oudekraal Landgoed, Klaradynsingel 1, Thabazimbi. E-pos: info@east89.co.za.