Bosveldoord sluit jaar af

THABAZIMBI – Bosveldoord se senior burgers het verlede Vrydag, 13 November hulle jaarlikse afsluiting gehou.

Onder die wit skadu van die sambrele het die bejaardes lekker saam gekuier en die geleentheid gebruik om afskeid te neem van geliefdes wat in 2009 stil heengegaan het. Die bejaardes kon ook met dankbaarheid die voortgesette ondersteuningsnetwerk onder mekaar die afgelope jaar vier. Daar is ook aan Tannie Enna Joubert hulde gebring wat op 21 November haar 80ste verjaarsdag vier. Tannie Enna is ‘n inwoner van Bosveldoord en geniet haar tye saam met haar vriendinne en vriende. Die senior burgers wens haar ‘n geseënde jaar toe.

Die senior burgers van Bosveldoord het op Vrydag 13 November hul jaarlikse afsluiting gehou.