Entertainment

Besige progam vir 2010 by KunsteGrot

Eerskomende Woensdagaand gaan teatergangers in ‘n tjok-en-blok KunsteGrot die voorreg hê om na Mathys Roets te luister. As jy nog nie ‘n kaartjie het nie sal jy maar vir volgende jaar moet wag wanneer hy hopenlik weer ‘n draai kom maak.

Die KunsteGrotprogram vir 2010 neem al goed vorm aan. Die volgende kunstenaars het klaar vasgemaak om weer te kom:

Jak de Priester – 27 Februarie

Grafsteensangers – 29 Mei

NaviRedd – 21 Augustus

Onderhandelinge met verskeie ander is aan die gang. Die KunsteGrot bestuur het een doel om kwaliteit vermaak na ons mense te bring. Ondersteun hulle asseblief in hierdie grootse poging.

Die volgende Kunsmark is op 5 Desember, die ideale tyd en plek vir ‘n spesiale kersgeskenk of twee.
Vir enige navrae, kontak Rita by 0837448559.