70 Jaar vir Juksei Suid-Afrika
POLOKWANE – Suid-Afrika vier vanjaar sy 70ste Jukskei Bestaansjaar.
Limpopo Jukskei Unie gaan op Saterdag 21 November 2009 sy bydrae lewer tot viering van die grootste Jukskei gebeurtenis wat hierdie jaar gaan plaasvind.
Die Limpopo Jukskei Unie se vieringe skop Saterdag af om 07:00 te Polokwane by die Jukskeibane te Totiusstraat, Ivypark. Die Noorde en die Suide gaan mekaar die stryd aansê en terwyl hulle dit gaan uitveg, word die braaivleisvure aangesteek, en die laaste voorbereidings getref vir die middag se Prestige Meriete Funksie.
Om 16:00 word die lede van Limpopo Unie vereer wat deur die jare diep spore in die Provinsie se Jukskei Unie getrap het. Erkenning gaan ook toegeken word aan die jong opkomende sterre van die provinsie, en top presteerders, SA kleure, asook die Springbokke wat van die Limpopo Provinsie afkomstig is.
Na die verrigtinge sal die braaiers en kokke die geleentheid kry om die gaste te trakteer met ‘n ete wat op egte boerestyl aangebied gaan word. Die aand sal afgesluit word met ‘n dans.
Belangstellendes wat graag hierdie geleentheid wil bywoon, is welkom om vir Johan Kotzé te skakel by 084 404 8343 vir kaartjies en/of enige navrae.