Community

Ons lesers skryf – Pluimpie vir Thaba Nooddienste

Dit is deesdae redelik algemeen om te hoor van swak dienslewering deur plaaslike owerhede. Gelukkig is daar ook uitsonderings, een waarvan my onlangs te beurt geval het.
So twintig kilometer buite Thabazimbi was ek in ‘n motorongeluk betrokke wat grootliks aan die swak toestand van die grondpad toegeskryf kan word. Toe ek my bewussyn herwin, het omstaanders reeds die plaaslike ambulansdiens ontbied en kort daarna was Steven Roborolo en sy span op die toneel.
Hulle het my vinnig, op simpatieke en professionele wyse, gestabiliseer. Daar is ook indringend navraag gedoen oor die aard van my beserings, medikasie en allergieë.
Aangekom by die hospitaal, het hulle my blitsvinnig in ‘n saal besorg en my laaste gewaarwording was van die paramedikus wat die hospitaalpersoneel in absolute fyn besonderhede inlig oor my omstandighede.
Dit was voorwaar ‘n ondervinding wat mens slegs tot groter optimisme kan stem oor die professionele gehalte van sommige plaaslike dienste en oor die sluimerende potensiaal wat tot ons almal se welsyn kan bydra.
Dankbaar