Jong ma sterf in motorfietsongeluk
THABAZIMBI – Die gemeenskap van Thabazimbi is vandeesweek geruk na die tragiese dood van ‘n jong inwoner, op Saterdag 7 November 2009.
Wilmie Gründling en haar eggenoot, Hennie was sowat 10km buite Pelgrimsrus in ‘n motorfietsongeluk betrokke waarin Wilmie weens haar beserings beswyk het. Hennie is deur paramedici na die Nelspruit Hospitaal gehaas waar hy in die intensiewe sorgeenheid vir pelvis- en beenfrakture behandel word.
Wilmie (Greeff) Gründling, 29 jarige ma van Suzaan (8jr) en Stefan (5jr), is die afgelope dekade woonagtig in Thabazimbi. Sy was ‘n kranige atleet en was vir ‘n periode betrokke by die Netbal afrigting van Laerskool Thabazimbi.
Wilmie laat haar ouers, Willem en Sarie Greeff, vier broers, eggenoot en twee kinders na. Die begrafnisdiens vind op Maandag 16 November 2009 vanuit die AGS Kerk Thabazimbi om 11:00 plaas.