Uitslae Jukskei Opedag
GROBLERSDAL – Die Olifante Jukskeiklub het op Saterdag 24 Oktober ‘n Opedag aangebied, waaraan al die klubs van Limpopo Jukskei Unie deelgeneem het.
Agtien spanne het meegeding in Afdelings A, B en C. Die uitslae is as volg:
Afdeling A het bestaan uit ses spanne: Die Tarentale(Mokopane) behaal 45 punte wat ook die wentelling is, met Thabazimbi in die tweedeplek met 42.5 punte en Landdros in die derdeplek met 38.5 punte.
Afdeling B het bestaan uit 5 spanne:
Die Tarentale wen met 44.5 punte, Naboomspruit in die tweedeplek met 31.5 punte en Soutpan (Louis Trichardt) in die derdeplek met 30 punte.
Afdeling C het bestaan uit 7 spanne:
Mopanie Juniors (Polokwane) wen met 51 punte gevolg deur Landdros (Polokwane) in die tweedeplek met 49.5 punte en Tarentale in die derdeplek met 48.5 punte.
Die Olifante Jukskeiklub bedank graag almal wat bygedra het om van die dag ‘n sukses te maak.
Die volgende byeenkoms van die Unie is op Saterdag 21 November 2009 wanneer Pietersburg Wyksbond (Noorde) teen Nylwyksbond (Suide) te staan kom vir die Tarentale trofee. Dit vind om 08:00 te Polokwane plaas.