Thaba se geliefde Shawn oorlede

THABAZIMBI – Die beminde jong kankerlyer, Shawn de Jager, is na ‘n lang stryd teen kanker op Dinsdagoggend 3 November oorlede.
Vir 25 jaar, 3 maande en 4 dae het Shawn vir sy vrou, familie en vriende net plesier, blydskap, liefde en geluk gegee. Diegene wie Shawn geken het weet dat hy kon nooit genoeg vir iemand doen nie en het sy belange altyd laaste gestel.
Aan sy vrou Esté, vir wie hul baie lief is, wil die familie graag hul dank betoon dat sy met soveel liefde en geduld vir Shawn versorg het en dra haar op in hul gebede. Die wyse waarop hul liefde uitgestraal het, was ‘n voorbeeld vir almal. Vir almal wat die laaste paar maande dit finansieel moontlik gemaak het dat die familie vir Shawn alles kon doen wat menslik moontlik was, wil hul ook hartlik bedank. Elke oproep, sms, gebed en besoek word waardeer. Shawn se hart was opreg en oop vir almal. Sy roudiens vind op Saterdag 7 November om 11:00 vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk Thabazimbi plaas.
Steelwings Thabazimbi dra hul meegevoel oor vir Shawn se familie in hierdie moeilike tyd en bied hul onvoorwaardelike hulp teenoor die familie aan. Ps 91:14 “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My naam ken.”