Skeerpoort Verspreiders geborgde gholfdag groot sukses

THABAZIMBI – Die geborgde gholfdag van Skeerpoort Verspreiders wat op Saterdag 31 Oktober by die Thabazimbi gholfbaan plaasgevind het, was volgens die organiseerders nie net ‘n totale sukses nie, maar ook  “vet pret”.
Die sukses van die dag kan toegeskryf word aan die entoesiasme wat die aanbieders naamlik Laerskool Koedoeskop aan die dag gelê het. Van die spelers was baie mooi aangetrek, met ligblou hemde met so ‘n blommetjie op, ander het weer oranje hemde aangehad, dit was seker maar omdat die finaal van die Curriebeker ook uitgesaai is.  Die spelers het die dag terdeë geniet, met ‘n gholfkarretjie wat kort-kort gesorg het dat die spelers se kele koel en verfrissend bly in die skroeiende hitte van die Bosveld son.
Die prysuitdeling was seker die vinnigste een nog, dit moes alles gebeur voordat die afskop van die Curriebeker finaal plaasgevind het. Heelwat besoekers het aan die aand se verrigtinge deelgeneem asook van die spelers en borge se familie en vriende wat besluit het om die rugby by die gholfklubhuis te geniet. Tot feitlik almal se versugting het die Bulle gesorg dat daar die res van die aand groot partytjie gehou is. Gustav, Jaco en nog ‘n paar manne het die steak, pap en sous in gereedheid gebring sodat die manne se magies gevul kon word na die groot rugby terwyl Paul gesorg het vir musiek, met die Blou Bul lied wat kort-kort gespeel is.
Laerskool Koedoeskop en die organiseerders wil graag van die geleentheid gebruik maak om die Gholfklub komitee te bedank dat die gholfdag weereens op die pragtige groen baan aangebied kon word. Ook die hoofborg, Skeerpoort Verspreiders, amptelike verskaffer van Engen in Thabazimbi en al die ander borge wat bygedra het dat die dag so groot sukses was:
Laerskool Koedoeskop sien daarna uit om al die spelers weer volgende jaar te sien.
Foto 9 –
Flippie Steenkamp, ‘n jong Bulletjie, het slegs die Curriebeker eindstryd kom geniet na die gholfdag.