Reën, reën, lieflike reën

Mnr Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord, het sy dankbaarheid uitgespreek dat dit begin reën het in meeste van die Distrik Landbou Unie (DLU) gebiede.
Mnr Joggie van Bruggen, voorsitter van die Thabazimbi DLU het gesê dat die gebied besonder geseënd is met baie goeie reën. Meer as 80mm reën is die afgelope maand in die gebied aangeteken en die afgelope week is die volgende gemeet.
Thabazimbi meet tussen 10 en 15mm, met geen hael, geen droogte en geen brande. Sentrum meet tussen 20 en 26mm met geen hael, geen droogte en een brand as gevolg van ‘n sweismasjien. Northam het tussen 8 en 12mm reën aangeteken met geen hael, geen droogte en ‘n klein stukkie op die plaas Rhebokfontein twee weke gelede wat gebrand het. Op Rooibokkraal het die boere tussen 7 en 10mm gemeet met geen hael, geen droogte en geen brande. Koueskade het egter gedurende Augustus toegesak, en wys nou met die stroop van die koring.
Mnr Nico Solomon, voorsitter van die Ellisras DLU het gesê dat die DLU gebied nou ook begin reën kry. Ellisras dorp het 30mm gehad. Die gemiddelde reënval vir Oktober was 50mm.
Mnr Hand Vreugdenburg, voorsitter van die Vaalwater DLU het gesê dat in die Alma omgewing het dit goed gereën, geen hael is aangemeld nie. In Bulgerivier het daar tot op datum ± 135mm reën geval, ‘n bietjie hael gehad maar nie skade nie. In Doornfontein gebied het dit goed reën gehad.  Die vorige week was daar haelskade. Makadamianeute is afgeslaan, en skade aan pekaneute, pampoene en boontjies is gerapporteer, maar gelukkig blom die boontjies weer. Melkrivier – goeie reën is gemeet en gelukkig geen haelskade nie. Oor die algemeen lyk dit goed in die Waterberge.
Mnr Viljoen het gesê dat dit wil voorkom asof die grootste gedeelte van die gebied nou reeds reën gehad het. Sommige boere het ongelukkig onder hael deurgeloop maar die grootste aantal boere is tevrede en baie dankbaar.