Community

Ons lesers skryf – Rommel gou verwyder

Ek wil mnr Joseph Mawe, Superintendent van die Munisipaliteit se Siviele Departement, baie dankie sê vir sy flinke optrede. Ek het Vrydag 30 Oktober by hom gaan kla oor die rommel op die sypaadjie in Derde Laan.
Daar is inwoners wat hulle boomtakke, bourommel, matrasse en huishoudelik vullis (nie in swart sakke nie) op die sypaadjie laat ophoop het. Die probleem daarmee, is dat, sodra een persoon iets op die sypaadjie los, beskou almal dit as ‘n vullishoop waar hulle hul gemors kan los.
Ek het Joseph Mawe Vrydag 30 Oktober die hoop rommel in Derde Laan gaan wys. Hy het vir homself gesien hoe dit daar lyk en belowe om Maandag daarvan werk te maak. Teen Dinsdag 3 November was alle rommel van die sypaadjie verwyder.
Dit het my stoutste verwagtinge oortref en ek is baie dankbaar vir die flinke diens. Kom Thabazimbiërs, laat ons almal saamwerk om Thabazimbi skoon te hou!
Biebies Oelofse