Northam Plats hengel teen res van Noordwes

NORTHAM – Die Northam Plats Hengelklub het die afgelope naweek deelgeneem aan twee liga-hengelkompetisies. Hulle het agste uit nege klubs geëindig.
Die kompetisie was teen ander spanne in die Noordwes-liga. Dit het plaasgevind by die Bloemhofdam en elke span het uit 12 hengelaars bestaan. Een liga kompetisie het Saterdag en een het Sondag plaasgevind.
Dit was die eerste keer in 4 jaar wat Northam Plats Hengelklub deelgeneem het aan ‘n liga-kompetisie. Die kompetisie was baie straf aangesien baie van die ander klubdeelnemers bestaan het uit Springbokhengelaars. Volgens Northam Plats Hengelklub, was die ondervinding ongelooflik goed vir die hengelaars.
Die span wat eerste geëindig het, was Marico Polisie A. Daarna was dit Rustenburg Platinum Myn, Marico Polisie B, Rooidag, Rustenburg Hengelklub, Impala, Krokkedil, Northam Plats en Union Section.
Die klub is baie dankbaar teenoor Thabazimbi 1Stop wat hul hemde vir die kompetisie geborg het.
Die volgende liga-kompetisie vind in Januarie plaas by die Klipdrifdam by Potchefstroom.