General

Klub Herfsblare sluit jaar af

BELA – BELA – Die seniorburgergroep van Klub Herfsblare het die naweek van 23 Oktober hul jaarafsluiting te Klein Kariba gehou.
Diegene wat dit gewaag het om die avontuur wildsrit mee te maak alhoewel dit letterlik soos ‘n wipwaentjie gevoel het oor die rowwe terrein, het dit baie geniet, terwyl die ander om die swembad gekuier het.
Wyle Pieter Breedt wat voorheen koördineerder van die klub was, is met deernis en mooi herinnering onthou, asook drie senior dames van die klub wat gedurende die jaar ontslaap het, naamlik tannie Ursula, tannie Dolla en tannie Suzie.
‘n Era in die groep se bestaan is afgesluit met ‘n heerlike buffetete by die oord se restaurant.
Langs hierdie weg wil Klub Herfsblare hul opregte dank en waardering aan almal wat gehelp het om die naweek moontlik te maak, uit te spreek, veral Hannes Coetzee van Thaba Spar wat die koeldrankies geskenk het.