7 Thaba atlete by Tweekamp

PRETORIA – Sewe van Thabazimbi se atlete het op Saterdag 24 Oktober 2009 aan die Gauteng Noord Interprovinsiale Tweekampkampioenskappe deelgeneem.
Buiten die feit dat dit nog vroeg in die seisoen is, het die atlete ‘n baie goeie vertoning gelewer. Ans-Mari Potgieter (Dogters o/19) en Luzaan Combrink (Dames Junior Veterane) het albei derdeplekke verower en het met ‘n bronsmedalje vir die dag weggestap. Drie atlete van Laerskool Thabazimbi het onderskeidelik 10de, 11de en 14de plekke behaal. Hulle is seuns o/11 Franco Potgieter (1953 punte), Hardus Schoeman (1946 punte), Janré Combrink (1807 punte). Hoërskool Frikkie Meyer se leerlinge het onderskeidelik 3de en 4de plekke verower.  Hulle is Ans-Mari Potgieter Dogters o/19 met 2050 punte en Gerhard Benadé seuns o/17 met 2184 punte. Benhardt van Rensburg van Laerskool Van Wykskraal het deelgeneem  in die seuns o/13 afdeling en ‘n sewendeplek verower met sy 1917 punte.  Vyf provinsies waarvan Limpopo algeheel tweedeplek verwerf het, het aan die kampioenskappe deelgeneem.