In die Bosveld is water ‘n groot probleem!
THABAZIMBI – Om effektief met gewasse te kan boer, moet daar genoegsame water beskikbaar wees. In die Bosveld is dit noodsaaklik dat jy teen die Krokodilrivier grens. Nog ‘n noodsaaklikheid is dat jou water struktuur van so ‘n aard moet wees dat dit genoegsame water aan jou lande verskaf.
Ongeveer 36 km vanaf Thabazimbi is daar ‘n oplossing. Hierdie 80ha plaas is goed ontwikkeld om die nodige water aan die nodige lande te verskaf. Elf boorgate en ‘n keerwal in die rivier sorg dat die water opgedam word en deur ‘n ingewikkelde pompstelsel aan ‘n 8 duim moederlyn voorsien word.
‘n Groot plaaswoning met reuse lapa en jacuzzi waar mens die warm somerdae rustig en koel kan deurbring. ‘n Stoor en staal struktuur voltooi die infrastuktuur van hierdie plaas.
50 ha is onder besproeiing waarvan 17 ha onder spilpunt is en ongeveer 30 ha is onder drupbesproeiing.
As jy vooruit wil boer, en nie wil sukkel nie, is hierdie die oplossing vir jou. Kontak ERA by 014 772 2628/ 087 941 2122 om nie hierdie plaas te mis nie.