Business

Buffels onder die loep by boeredag

Hennie Pauw
THABAZIMBI – ‘n Boeredag oor (hoofsaaklik) buffels word op 19 November op die plaas Bellevue in Koedoeskop aangebied. Verrigtinge begin om 10:00.
Die dag, wat deur die  Veeartseny-afdeling van die Departement Landbou op Thabazimbi gekoördineer word, se fokus is op die beheer oor die beweging van buffels binne en buite die Limpopo-provinsie. Daar sal ook aan buffelboere verduidelik word wat die toetsprosedures van buffels behels. Toetse wat op buffels uitgevoer word, sluit in dié vir TB, Brucelose, Corridorsiekte en Bek-en-klouseer.
Vir die opkomende boere sal daar ook algemene inligting verskaf word aangaande wildboerdery.
Drie sprekers tree op tydens die boeredag. Die hoofspreker is dr Chris Mabasa, wat bekend is as Bestuurder in Limpopo. Die ander twee sprekers is beide van Polokwane en sal praat oor wild en Nguni beeste.
Daar sal ook middagete voorsien word. Alle wildboere is baie welkom. Vir verdere inligting skakel die Dept Landbou in Thabazimbi by 014 777 1559 en vra vir Roy of Steven.