KunsteGrot vol musiek dié naweek
THABAZIMBI – Môre-aand is die manne van Navi Redd die groot aantrekkingskrag in die KunsteGrot. Dit beloof ‘n wonderlike aand te wees vir diegene wat gelukkig genoeg was om kaartjies te bekom.
Die kaartjies vir Mathys Roets se vertoning op 25 November verkoop vinnig. Bespreek maar vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
7 November is die eerste Kunsmark by die KunsteGrot, vanaf 09:00 tot vroegmiddag. Kom maak gerus ‘n draai en ondersteun ons eie talentvolle mense. Die Teetuin bied heerlike verversings aan om ook vir die innerlike te sorg.
RiVo-Toneel is ook weer aan die gang. Hou maar die pers dop! Aspirant akteurs kan gerus kontak.
Dit is vir die bestuur ‘n behoefte van die hart om dankie te sê vir almal wat hulle harte en hande oopgemaak het en gehelp het om die huur en ander uitgawes te betaal. Baie dankie ook spesiaal aan Hannes Bloum wat die verf geskenk het waarmee die KunsteGrot opgeknap kon word. Ook aan Thabazimbi Gastehuis wat weereens die kunstenaars huisves. Aan Die Kwêvoël en Thaba Stereo vir die bemarking. Aan Thaba Spar ook weer baie dankie vir die ondersteuning.
Die KunsteGrot is van ons mense vir ons mense – ondersteun asseblief!
Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559