Business

Die Republiek van die Kongo en Agri SA teken ooreenkoms

‘n Ooreenkoms is gister tussen Agri SA en die Republiek van die Kongo geteken waarvolgens die regte en verpligtinge van die twee partye ten opsigte van lede van Agri SA wat boerdery-aktiwiteite in die Kongo wil opneem of daarheen wil uitbrei uiteengesit word.
Die betrokke memorandum maak spesifiek voorsiening vir die landbouverwante terreine soos primêre landbou en die uitruiling van tegnologie en kennis.
Volgens Dr. Theo de Jager, Adjunk President  van Agri SA wat namens die organisasie die ooreenkoms onderteken het, het daar oor die afgelope aantal dae maraton onderhandelingsessies met die Minister van Landbou van die Republiek van die Kongo plaasgevind oor onder andere die tydperke wat boerdery in die Kongo deur SA boere beoefen sal kan word.  ‘n Periode van ten minste 60 jaar is nou moontlik.
Die onderliggende uitgangspunt van die onderhandelinge was die beskerming van investering in die Kongo.  “Ek is tevrede dat ons aangeleenthede soos die repatriasie van winste en kompensasie in gevalle van moontlike onteiening beredeneer en hanteer het”, sê hy.
Sedert die onderhandelinge tussen die twee partye ‘n aanvang geneem het, het ongeveer 1 700 individue reeds navraag gedoen oor hierdie aangeleentheid.  Daar word tans ook met 17 ander lande in Afrika oor ‘n soortgelyke bedeling gesprekke gevoer, aldus De Jager.
Volgens hom het die vermoë van Suid-Afrikaanse boere om onder moeilike fisiese en markomstandighede te produseer duidelik groot agting in Afrika afgedwing.
“Die vervaging van grense, die groter voorkoms van formele samewerkingsooreenkomste en formele beleggingsbeskerming maak dit vir SA kommersiële boere moontlik om meer onbevange na Afrika as produksiegebied te kyk” het hy gesê.