Besige naweke lê voor vir Gholfklub

THABAZIMBI – Die Indiwiduele Stableford wat verlede Saterdag gespeel is het die volgende wenners  gelewer. Heinrich Penzhorn wen met 37 punte. Nita Barnard, Bernie Gous en T Dearlove eindig al drie op 34 punte. Die manne wat Liga gaan speel het se opponente het nie opgedaag nie, maar dit het hulle nie gehelp nie, want Mogol is vanjaar die wenners .
Daar lê ‘n paar besige naweke voor vir die gholfspelers. Die NG Kerk borg Saterdag 24 Oktober se spel. Volgende Saterdag, 31 Oktober is dit Laerskool Koedoeskop se  borgdag en dan is die groot gholf en musiekfees op Saterdag 7 November. Dit gaan ‘n groot geleentheid wees en persone wat nie gholf speel nie kan ook nog die aand se fees bywoon.
Die gedurige verwyte tussen rokers, nie-rokers en drinkers word maar gedurig opgehaal. Mens wonder dan wat is die ergste, die sigaretstompies wat oral rondlê of die leë blikkies en bottels wat net so’n gemors is, veral op ons gholfbaan. Miskien moet ons ophou vingers wys en net respek betoon teenoor die ander en ons mooi natuur oor die algemeen, want die ontsiering vind nie net op die gholfbaan plaas nie.