General

Tooi Thaba in Kersfeesliggies

Hennie Pauw
THABAZIMBI – ‘n Ondernemende inwoner het besluit om vanjaar inwoners van Thabazimbi aan te moedig om hulle huise met Kersfeesliggies op te tooi, deur ‘n kompetisie te loods.
Annemarie Coetzee van Glory Beton doen reeds nou al ‘n beroep op inwoners om hul kersliggies in gereedheid te kry en oorspronklike idees uit te dink. Volgens haar is die twee hoofkriteria waarvolgens die huise beoordeel gaan word oorspronklikheid en die uitbeelding van ‘n Kersfeestema.
Sy het aan die idée vir die kompetisie gekom sowat ‘n jaar gelede, vertel sy, toe sy een Kersfees gesien het dat ‘n Kersvader en slee is met kersliggies uitgebeeld is op die dak van ‘n huis in die dorp.
Die beoordeling vind op Vrydag 18 Desember plaas. Dit is egter nie te sê dat diegene wat met vakansie weggaan nie kan deelneem nie, verseker Annemarie. Solank die liggies aangeskakel is op die aand van die beoordeling en die inskrywing gedoen is, kan enigeen deelneem.
Die inskrywings is R100 per huis. Die opbrengs van die kompetisie sal aangewend word om ‘n bydrae te lewer tot die Slagoffer Bemagtigingsentrum wat tans by die Thabazimbi Polisiestasie ontwikkel word.
Beoordeling sal geskied deur verteenwoordigers van Die Kwêvoël, Thaba Stereo, Thabazimbi Polisie en moontlik die SAVF.
Inskrywingsvorms sal binnekort beskikbaar wees. Daar sal ook binnekort in die media inligting oor die pryse bekendgestel word. Vir enige verdere navrae kan Annemarie geskakel word by 083 743 5466.