Oktober Fest in Lephalale

Jan Brink, vermom as 'n Duitser, bedien bier uit die vat op Lephalale se eie Oktober Fest.

Elana Greyling
LEPHALALE – ‘n Stukkie van Duitsland is verlede naweek by Jan se Gat naby Lephalale opgeslaan.
‘n Duitse Oempa-orkes, Eisbein, Suckertorte en bier op die tap het behoorlik ‘n Oktober Fest-gees laat blom. Met uitstallings, perderesies, fietswedrenne, motorfietse, vierwiele en ekstreme 4×4 ritte, was die manne heeldag lank besig. Vliegtuie, groottes en modelle het ook die verbeelding aangegryp.
Die bekende Lochner de Kock, Suid-Afrika se geliefde Cordon Boer koskenner het die Lephalale Oktober Fest kom geur en kleur gee.
Jan se Gat was die stukkkie Duitsland waar die Bosvelders hul Oktober Fest gehou het. Lochner, wat in Oostenryk groot geword het, glo die kuns van kosmaak lê in die passie waarmee dit gedoen word: “Kosmaak is soos liefde maak,” vertel hy. Hy kook self met ‘n mengsel van invloede, nl. Duits, Frans en eg Suid-Afrikaans, vandaar die Cordon Boer.
Interessante wenke het die gehoor in ‘n staat van verwondering en applous gehou. Van die wenke is: om druiwe korrels te vries en in plaas van ys in pons te gebruik; om knoffel in ‘spykertjies’ te sny en te vries, voor dit in die wildsboud ingedruk word; om osstert saam met wildsvleis te gebruik vir ‘n heerlike wildspastei of selfs potjie; om blaarslaai en kaasvingers te gebruik as rangskikking wat dan met ‘n doopsous gebruik kan word as voorgereg. Vir sjiek pannekoeke, meer Cordon Bleu as Boer, vervang hy die melk en water met droë wit wyn of selfs Franse sjampanje. ‘n Mens kan ook ‘n rooi appel in die beslag in rasper vir daardie spesiale Crepes.
Nog oorspronklike resepte vir hoenderpote, spinasie-aspersie-stingels en vinnige resepte vir daardie onverwagse gaste het almal se monde laat water. “’n Mens kry verskillende gaste vir ete,” vertel hy, “die potloerders daag ongenooid op net voor ete en loer dan in die opskepskottels voor hulle besluit om saam te eet. Nog gaste bel Sondagmiddag 4 uur om te hoor of hulle kan kom koffie drink en ‘n mens kan tog nie ‘n kaal koppie koffie bedien nie!”
Sy liefde vir die taal en die hartstog vir kosmaak was vir almal duidelik. Die entoesiasme het beslis ‘n hele klomp geoefende en minder gekonfyte kokke aangesteek.
Te midde van perdesport, 4×4-ekstreme pret en Duitse bier, koffie en gebak is die koms van Oktober beslis voluit in die Bosveld gevier.